Sunday, April 19, 2009

Latest news - 19 April 2009

For those of you interested in getting involved in our Golf Day on 22 September 2009, please contact Vania on 079 4855355 or vania@bondapply.com

Ons is reeds een jaar aan die gang en het gedurende die jaar reeds 26 vroue en 10 kinders gehuisves.

98% van vroue wat werkloos by Huis Jabes aankom kry weer werk danksy die hulp van die gemeenskap.
Vrouens wat geestelik verarm geraak het deur hulle omstandighede voorheen, raak weer aktief betrokke by die kerk en danksy die hulp van vrywilligers by Huis Jabes word hulle geestelik verryk.

Ons huis bied hulp met berading deur n maatskaplike werker, daar word fisies en psigies na hul behoeftes omgesien, beroepsvoorligting en lewensvaardighede word aangeleer en ons gee hulle die nodige leiding om weer tot die arbeisdsmark toe te tree.

Ons benodig nog vrywilligers wat kan help met vervoer na hospitale, werksonderhoude ens. Ons benodig ook mense wat ons kan help met ons fondsinsamelingsprojekte deur behulpsaam te wees met die reëlings van die spesifieke projekte.

Indien daar iemand is wat betrokke wil raak by ons huis, kontak die Bestuurder , Rika de Vries by Tel: 021 981 6413 /
072 3865 747 of Adri Klindt by 083 564 3313.

Ons E Mail adres is jabes@mweb.co.za of vania@bondapply.com