Dit word algemeen aanvaar dat ons samelewing gebuk gaan onder ekonomies sosiale euwels wat in verskeie vorms manifesteer. Dit is dikwels endemies van aard en dit het elke inwoner se verantwoordelikheid geword om betrokke te raak in die bestyding daarvan. Die SOS Trust is deur Durbanville Besigheid, die sakekamer in Durbanville, gestig as 'n instrument om sy sosiale verantwoordelikheid na te kom.
Ek wil hiermee dan 'n vriendelike versoek aan u rig om my hand in ons gemeenskapsprojek te vat. Ons is tans besig om ons eerste huis te begin waar ons vroue en hul kinders uit ons eie gemeenskap wat blootgestel is aan huishoudelike geweld en mishandeling vir 'n tydperk van gemiddeld 4 maande sal kan huisves. Ons doelwit is om hierdie vroue uit hul omstandighede te neem en gereed te maak vir die samelewing waar hul met trots weer 'n verskil sal kan maak, deur berading, godsdienstige versorging en die aanleer van lewensvaardighede. Die aktiwiteite en identiteit van die inwoners word as vertroulik beskou, asook die fisiese adres van die huis.
Ek wil u dus versoek om u harte oop te maak vir die projek en my te kontak indien u ons kan help met huishoudelike artikels soos, yskaste, vrieskaste, 'n mikrogolfoond, eetkamerstel, tuinstelle, 'n wasmasjien, linne, eetgerei, kombuisgereedskap, toiletware ens. Kinderspeelgoed, ‘n klimraam, bordspeletjies en boeke sal ook baie waardeer word. Aangesien die SOS Trust as 'n NPO geregistreer is kan kontant donasies dan ook van belasting verhaal word.
Enige persoon wat dalk wil betrokke raak deur kunslesse, naaldwerkklasse of enige stokperdjie aan te bied kan my ook skakel. U kan ook help met die administrasie, of net deur ‘n vriendin vir ‘n vrou te wees of ‘n bordspeletjie met die kinders te speel.
Kontak my asb as u ons hiermee wil help of betrokke wil raak by die projek.
Groete
Adri Klindt (trustee)
0835643313
adri@sostrust.co.za
Friday, May 30, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment