Dit word algemeen aanvaar dat ons samelewing gebuk gaan onder ekonomies sosiale euwels wat in verskeie en omvangryke vorms manifesteer. Hierdie toestande is dikwels endemies van aard en dit het elke inwoner se verantwoordelikheid geword om betrokke te raak in die bestryding daarvan.
Die SOS Trust is deur Durbanville Besigheid, die sakekamer in Durbanville, gestig as ‘n instrument om sy sosiale verantwoordelikheid na te kom.
Die doel van die trust is om op ‘n positiewe en volhoubare wyse ‘n invloed uit te oefen op die lewenskwaliteit en ekonomiese welstand van sy begunstigdes.
Ek wil hiermee dan ‘n vriendelike versoek aan u rig om my hand in ons eerste projek te vat. Ons het tans ons eerste huis gehuur waar ons vroue en hul kinders uit ons eie gemeenskap en wat blootgestel is aan huishoudelike geweld en verkragting vir ‘n tydperk van gemiddeld 4 maande sal kan huisves. Ons doelwit is om hierdie vroue weer op te hef en gereed te maak vir die samelewing waar hulle met trots ook weer ‘n verskil kan maak.
Aangesien hierdie projek vir my ‘n Goddelike roeping is, vertrou ek dat u harte met deernis gevul sal wees, en sien ek daarna uit om eersdaags met u ‘n afspraak te maak om meer te vertel van Durbanville Besigheid en die SOS Trust se eerste gemeenskapsprojek.
Vriendelike groete
Adri Klindt
083 564 3313
adri@profinsolutions.co.za
Trustee SOS Trust &
Bestuurslid Durbanville Besigheid
Friday, May 30, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment